STANDAARDE HOU HOOGTE – SUID AFRIKAANSE SJEF BEHOU MICHELIN STER

SUID-AFRIKAANSE BOERE VOEL DIE DRUK
March 15, 2017
Elvis Blue by Die Keldery
March 15, 2017

Dit kan moeilik wees die tweede keer, maar Suid-Afrikaanse sjef, Jan-Hendrik van der Westhuizen is verheug dat sy restaurant  in Frankryk sy Michelin ster behou vir 2017. Van der Westhuizen het die eerste Suid-Afrikaanse geword wat ‘n Michelin ster vir sy eetplek verdien – wat gebaseer is in Nice, in die suide van Frankryk – toe dit die toekening ontvang het vroeg verlede jaar.

Gepraat uit Nice, het hy gese : “ Sedert Jan sy eerste ster ontvang het ,was die druk duidelik sigbaar, soos in die fliek Burnt, is ons natuurlike instink om vir elke gas te vrees. Dit is hoe sleg dit word. Die sielkundige druk is so intens dat alles perfek moet wees.

Die behoud van die ster word ‘n beroepende oggend, middag en aand, nadat jy jou kop neergele het gaan dit voort in droomland, se hy laggend.

Toe hy gevra is of hy sy besienswaardig op ‘n tweede ster het, het Van der Westhuizen gese: “ Ek druk nie myself of my span teenoor ‘n tweede ster, maar ons druk onsself na hoer en beter”. Dit is net wat ons doen. Van der Westhuizen erken dat 2016 nie ‘n maklike jaar was nie.

Die aanvalle het almal by die Rivera geskok en aangeraak dwarsoor die wereld en het die toerisme bedryf in die suide van Frankryk gelos met ‘n groot duik wat almal probeer herbou en weer goed te laat lyk

Vir Jan – hulle, sien hulle uit na ‘n besige seisoen wat dalk meer Suid-Afrikaners sal insluit om by die span in die kombuis aan te sluit.

Jan spog huidiglik dat daar 3 Suid-Afrikaners werk in die restaurant insluitend: Kevin Grobler, Rutger Eysvogel en Scott Armstrong.

Afgesien om seker te maak dat hy die beste Suid-Afrikaanse wyn insluit op die wyn lys, streef hy om Suid Afrika geregte te herontdek “ dit sal appelleer na ‘n wyer en meer verfyne verhemelte”.

Huidige winter geregte op sy spyskaart sluit in eetbare kers met kaiings en varkvet en ‘n gereg  genaamd Mieliepap en Truffels, wat speel op die nederige mielie bestandeel gepaard met wat hy noem die diamant in die kombuis.

Die Michelin gids is jaarliks gepubliseer en dit is die oudste Europese restaurant gids wat uitgesoekte inrigtings toeken met Michelin ster. Elke jaar stuur die gids onaangekondige inspekters – enige iets wat wissel van paartjies tot ‘n partytjie vir ses, wat anoniem terugvoer aan Michelin, re-evalueer restaurante en om seker te maak dat wat hulle bedien terwaardig is van die ster. Egter moet die restaurante handhaaf om baie hoe standaarde in orde te stel vir die Michelin ster se hertoekening elke jaar. Van der Westhuizen is ook die skrywer van twee kookboeke naamlik: A French Affair – wat vrygestel is in 2013 en wat aangegaan het om die Gourmand kookboek toekening in die jaar te wen, en Jan – A Breath of French Air, wat laas jaar vrygestel is met kritiese lof.