Die Keldery, hartjie van die Namakwaland

Biefschnitzel special by Die Keldery
March 15, 2017
Die Keldery bied besoekers ’n unieke Matzikama wyn-ervaring
October 21, 2017

10 Julie 2017

Die Keldery Restaurant is geleë tussen Vredendal en Klawer en is beslis ’n moet op jou vakansielysie! Dit is die amptelike proelokaal van Namaqua Wyne en nie net kan jy wyn proe nie, maar ook wynparing doen met sjokolade of biltong en die dag saam jou vriende en familie by hierdie pragtige plek geniet.

Elke Donderdagaand is daar spesiale aanbiedinge en dit sluit ’n bord kos en ’n kraffie wyn in, maar elke Donderdag verskil die geregte, wat hierdie aand net meer besonders maak. “Die geregte wissel van heerlike cordon bleu tot smullekker ribbetjies met groente, slaai en vele meer,” sê Adri Coetzee, restaurant- en funksiekoördineerder.

Die Keldery is ook die ideale venue om jou sprokiestroue ’n werklikheid te maak met die mooiste versierings, ’n lys van geregte sodat jy jou eie spyskaart aanmekaar kan slaan, verskillende wynsoorte en net die beste diens waar elke gas persoonlik met egte Matzikama-gasvryheid verwelkom word.

Die venue kan tot 120 gaste akkommodeer en daar is ook ’n tent te huur wat ruimte het vir nog 180 mense. Daar is ook ’n groot dansbaan en kontantkroeg en die spyskaart kan aangepas word volgens jou persoonlike smaak. Daar is gazebo’s, tafels met sambrele en vele meer geriewe beskikbaar as jy jou droom vir ’n troue in die buitelug wil uitleef.

“Die Keldery is ook die ideale plek om jou kinders se verjaardagpartytjies te hou. Ons geriewe vir die partytjies sluit in ’n springkasteel, klimraam en speelpark. Ons het ook ’n konferensielokaal wat geskik is vir groepe van tot 80 mense,” sê Adri.

In Junie is daar ’n tenkmonsterproe by Die Keldery gehou waar 15 verskillende plaaslike wyne op die proef gestel is. “Elke wynboer het gesels en uitgebrei oor die wyn se smaak en reuk. Ná die tyd was daar sop wat die personeel voorberei het met broodjies, kaas, konfyt en botter – dis vir ons belangrik om die Matzikama se wyne die blootstelling te gee waarop hulle meer as geregtig is,” sê Coetzee.

Om ’n bespreking te maak vir groot groepe of vir meer inligting oor die wynproe, skakel gerus  027 213 3699 of stuur ’n e-pos na diekeldery@namaquawines.com.

(Einde)

Uitgereik deur Lumico

Vir navrae kontak:

Dean Skippers dean@lumico.co.za  021 422 1494, or

Heidi van der Merwe heidi@lumico.co.za 021 422 1494