Die Keldery, die perfekte venue vir enige spesiale geleentheid

Kom maak ’n draai by Die Keldery in die feesseisoen
December 1, 2017
Die Keldery, die perfekte venue vir wynparing
January 5, 2018

Dit is 2018! Dit is ’n nuwe jaar met hope opwindende dinge om na uit te sien. Dit beteken ook dat dit weer tyd is om spesiale geleenthede te hou. As jy dalk op soek is na ’n venue waar jy jou spesiale geleentheid kan hou is Die Keldery die perfekte plek net vir jou.

Die Keldery is een van die gewildste restaurante in die Matzikama-streek wat bekend is vir hul gasvryheid, die lekkerste geregte en wat een van die mooiste uitsigte oor die Maskamberg het. Die Keldery is die amptelike proelokaal vir Namaqua-wyne en is geleë by die Spruitdrift Wynkelder net buite Vredendal, sowat 300 km van Kaapstad af.

Of jy nou jou droomtroue wil reël, dalk jou kind se verjaardagpartytjie wil hou of selfs net ’n familie-reünie wil hou, kan jy gerus op Die Keldery se venue staatmaak. Die venue akkommodeer tot 120 gaste en hier is ook ’n dansbaan en kontantkroeg beskikbaar. Jy het ook ’n keuse van die verskillende wynsoorte en smullekker geregte om van te kies. Kontak Die Keldery om jou droomtroue ’n werklikheid te maak.

Die Keldery is die ideale venue vir jou spesiale geleentheid en bied ook die mooiste versierings en ook ’n lys van die heerlikste geregte sodat jy jou eie spyskaart kan kies en dit aanmekaar kan slaan vir jou gaste. Die Keldery is Namaqua Wyne se proelokaal en bied jou ook ’n keuse van verskillende wynsoorte wat jy en jou familie en vriende kan geniet.

“Dit gee ons groot plesier om ons gaste te help om hul funksie te reël en om te sien hoe elke gas hulself geniet by hul spesifieke funksie,” sê Adri Coetzee, restaurant- en funksiekoördineerder.

Moenie huiwer om Die Keldery te kontak nie. Hulle bekwame personeel sal jou funksie namens jou reël en sal jou op die hande dra tydens daardie spesiale geleentheid.

Om ’n bespreking te maak vir jou funksie, skakel gerus 027 213 3699 of stuur ’n e-pos na diekeldery@namaquawines.com.

Besoek ook Die Keldery se Facebook-blad by www.facebook.com/diekelderyrestaurant/, volg Die Keldery op Instagram by @diekeldery of op Twitter by @DieKeldery.