Wynproe-sessies by Die Keldery

Die Keldery kraffiewyn-aand met ’n twist!
January 11, 2018
Maak Die Keldery jou nommer een restaurant
January 23, 2018

Wynproe-sessies by Die Keldery

Die Keldery is een van die gewildste restaurante in die Matzikama-streek wat bekend is vir hul gasvryheid, die lekkerste geregte en wat een van die mooiste uitsigte oor die Maskamberg het. Die Keldery is die amptelike proelokaal vir Namaqua-wyne en is geleë by die Namaqua Wynkelder net buite Vredendal, sowat 300 km van Kaapstad af.

Beplan jy om hierdie naweek lekker saam met vriende en familie te braai? Besoek vandag Die Keldery om 20% afslag op jou gunsteling Namaqua-wyn te kry. Dit is beslis ’n winskopie en deur vandag 20% afslag te kry, spaar jy geld en kan jy verseker wees dat jou wynrak mooi vol is.

Die Keldery het nie net elke Vrydag afslag op jou gunsteling Namaqua-wynreeks nie maar jy kan ook ’n gratis wynproe by Die Keldery geniet of vir slegs R35 kan jy ’n biltong en wyn of sjokolade en wyn proe en pas geniet. Die Keldery bied ook ’n druiwesap proe vir kinders aan sodat hulle nie uit voel terwyl die grootmense aan hul volwasse drankies teug nie.

Die Keldery verskaf ’n lys van eienskappe tydens jou proesessie en dan moet jy vir elke kombinasie slegs die toepaslike opsies afmerk, notas oor die smaak maak en ’n gradering kies. Omdat dit van persoon tot persoon verskil, is daar geen verkeerde antwoord nie.

“Dit is nie nodig om ’n afspraak te maak vir die wynproe nie, maar dit is raadsaam om ons eers vooraf te kontak om seker te maak dat ons nie ’n funksie op daardie betrokke dag het nie,” sê Adri, restaurant- en funksiekoördineerder.

Vir meer inligting oor die wynproe, skakel gerus 027 213 3699 of stuur ’n e-pos na diekeldery@namaquawines.com. Besoek ook Die Keldery se Facebook-blad by www.facebook.com/diekelderyrestaurant/, volg Die Keldery op Instagram by @diekeldery of op Twitter by @DieKeldery. Jy kan ook Die Keldery se webtuiste besoek by diekeldery.com/