Maak Die Keldery jou nommer een restaurant

Wynproe-sessies by Die Keldery
January 16, 2018
Elvis Blue gaan gaste vermaak by Die Keldery
February 19, 2018

Maak Die Keldery jou nommer een restaurant

Die Keldery Restaurant wat geleë is tussen Vredendal en Klawer is beslis een van die plekke waar jy ʼn draai moet gaan maak. Nie net bied Die Keldery besoekers ’n unieke wyn- en kos-ervaring, maar is ook die proelokaal vir Namaqua Wyn. Die Keldery spog met ’n pragtige restaurant met ’n uitsig wat jou halsoorkop verlief op die Matzikama-streek sal laat.

Die Keldery is baie bekend vir hul luuksheid en ruimte en dit laat besoekers toe om hul kos en wyn op die ware Matzikama-styl te geniet. Tydens jou besoek aan Die Keldery kan jy uitkyk oor die pragtige groen wingerde en die unieke Maskam-bergreeks. Die Keldery vorm deel van die Namakwa Weskus Wynroete en is 300 km van Kaapstad geleë.

Die Keldery is meer as net ’n restaurant en proelokaal vir Namaqua Wyn, jy kan ook enige spesiale geleentheid by Die Keldery vier. Die Keldery is die ideale venue wat gepas is vir troues, verjaarsdae en nog vele meer, met die mooiste versierings asook ’n lys van smullekker geregte sodat jy jou eie spyskaart kan kies en aanmekaarslaan. Jy het ook ’n keuse van die verskillende wynsoorte om van te kies.

“Dit maak ons by Die Keldery baie gelukkig om te sien hoe gaste hulself hier by ons geniet! Ons gaan uit ons pad om enige funksie vir ons gaste besonders te maak!” sê Adri Coetzee, restaurant- en funksiekoördineerder.

Elke Donderdagaand het Die Keldery ’n spesiale aanbiedinge wat ’n smullekker bord kos en ’n kraffie wyn vir net R110 per persoon insluit. Die geregte verskil elke week en dit maak die aandjie uit net meer besonders. Die geregte wissel van vis tot gourmet-biefburger met skyfies en slaai en nog vele meer.

Moenie huiwer om Die Keldery te kontak nie, jy sal beslis nie spyt wees nie want Die Keldery se personeel sal jou op die hande dra tydens jou besoek en vir jou spesiale geleentheid.

As jy die beste van die Matzikama-streek; natuurskoon, gasvryheid, wyn en kos; wil ervaar, besoek Die Keldery tydens jou volgende avontuur in die Namakwa Weskus. Hier sal jy tuis voel terwyl jy die beste van die streek geniet.

Om ’n bespreking te maak vir groot groepe of vir meer inligting oor die wynproe, spesiale geleenthede en Die Keldery se kraffiewyn-aand, skakel gerus 027 213 3699 of stuur ’n e-pos na diekeldery@namaquawines.com. Besoek ook Die Keldery se Facebook-blad by www.facebook.com/diekelderyrestaurant/, volg Die Keldery op Instagram by @diekeldery of op Twitter by @DieKeldery. Jy kan ook Die Keldery se webtuiste besoek by diekeldery.com/