Die Keldery – een van die gewildste restaurante in Matzikama!

Elvis Blue gaan gaste vermaak by Die Keldery
February 19, 2018
Hoekom jy Die Keldery jou nommer een venue en restaurant moet maak
February 19, 2018

Die Keldery is die ideale venue vir jou spesiale geleentheid, bied die mooiste versierings en het ’n lys van die heerlikste geregte sodat jy jou eie spyskaart kan kies en dit self aanmekaar kan slaan vir jou gaste. Die Keldery is Namaqua Wyne se proelokaal en bied jou ook ’n keuse van die verskillende wynsoorte wat jy en jou familie en vriende kan geniet.

Die Keldery is nie net die perfekte venue vir spesiale funksies nie, maar is ook elke dag oop indien jy dalk op soek is na smullekker geregte om te geniet. Daar is die lekkerste kombinasies teen heel billike pryse.

Vir ontbyt is daar byvoorbeeld die heerlikste plaatkoekies gestapel met spek, piesang en esdoringstroop teen slegs R52. Ligte maaltye sluit in ’n geroosterde tramezzini gevul met spinasie, tamatie, mozzarella en basilpesto vir ’n ongelooflike R55.

Die gemengde seekospasta met ’n suurlemoen- en witwynroomsous teen R108 is altyd ’n treffer. Vir vleisliefhebbers is daar beesfillet (200g), kruisskyf (300g), T-been (500g vir net R158) en die gewilde mixed grill vir R154.

Mandjie met verskillende happies soos kaasworsies, samosas, hoenderrepies, aartappelskyfies en vele meer (van R62 – R75) is ook op die spyskaart. Dis veral lekker as jy wil deel.

Die Keldery is ook die perfekte lokaal vir jou kind se partytjie! Die speelgeriewe buite die restaurant sluit ’n springkasteel, speelpark en klimraam in en sal jou kinders en hul vriende vir ure lank vermaak.

Jy kan ’n gratis wynproe by Die Keldery geniet of vir slegs R35 kan jy ’n biltong en wyn of sjokolade en wyn proe-en-pas geniet. Die Keldery bied ook ’n druiwesapproe vir kinders aan sodat hulle nie uit voel terwyl die grootmense aan hul volwasse drankies teug nie.

“Dit is nie nodig om ’n afspraak te maak vir die wynproe nie, maar dit is raadsaam om ons eers vooraf te kontak om seker te maak dat ons nie ’n funksie op daardie betrokke dag het nie,” sê Adri.

As jy die beste van die Matzikama-streek; natuurskoon, gasvryheid, wyn en kos wil ervaar, besoek Die Keldery tydens jou volgende avontuur in die Namakwa Weskus. Hier sal jy tuis voel terwyl jy die beste van die streek geniet.

Om ’n bespreking te maak vir groot groepe of vir meer inligting oor die wynproe of enige spesiale funksie, skakel gerus 027 213 3699 of stuur ’n e-pos na diekeldery@namaquawines.com. Besoek ook Die Keldery se Facebook-blad, volg Die Keldery op Instagram by @diekeldery of op Twitter by @DieKeldery. Besoek ook Die Keldery se webtuiste.