Hoekom jy Die Keldery jou nommer een venue en restaurant moet maak

Die Keldery – een van die gewildste restaurante in Matzikama!
February 19, 2018
Rooiwyn-broodresep
February 26, 2018

Die Keldery is een van die restaurante in die Matzikama-streek wat nie hul besoekers teleurstel as dit kom by vriendelikheid, gasvryheid en natuurlik die lekkerste geregte wat bedien word nie. Jy kan verseker wees van die beste diens tydens jou besoek aan dié restaurant.


Die Keldery is nie net oop vir spesiale aanbiedinge en funksies nie, maar is ook elke dag oop vir smullekker geregte. Die Keldery is daagliks van 09:00 tot 17:00 oop. Die restaurant spog met ’n spyskaart wat bestaan uit heerlike, opgekikkerde tradisionele resepte. Jy wil beslis nie hierdie eetervaring misloop nie. Besoekers kan uitsien na ’n egte en unieke ervaring tydens hul besoek aan Die Keldery. Luuksheid en ruimte laat besoekers ook toe om Die Keldery se kos en wyn stylvol te geniet, met ’n proelokaal waar ’n verskeidenheid van die area se wyne op die proef gestel kan word, asook ’n eetlokaal wat uitkyk oor pragtige wingerde en die Maskam-bergreeks.

Die Keldery se geriewe is perfek vir konferensies, troues, kinderpartytjies, verjaarsdae en of net om lekker saam met familie en vriende bymekaar te kom. Dit het ’n lieflike ligging, met ’n pragtige uitsig oor die Maskamberg met groot bome, langs die wingerde. Adri Coetzee en haar spysenieringspan sal seker maak dat die voorbereiding vir alle funksies werklik uit die boonste rakke is en die geregte onoortreflik is.

Elke Donderdagaand het Die Keldery ’n spesiale aanbiedinge wat ’n smullekker bord kos en ’n kraffie wyn vir net R110 per persoon insluit. Die geregte verskil elke week en dit maak die aandjie uit net meer besonders. Die geregte wissel van gourmet-burgers tot stokvis-en seegarnale-pops met skyfies en slaai en nog vele meer. Op 22 Februarie kan jy uitsien na die heerlikste cheddamelt bief-schnitzel met skyfies en slaai. So maak seker om jou bespreking te maak en ’n heerlike bord kos in goeie geselskap te geniet.

Vir enige navrae oor enige spesiale geleentheid, skakel gerus 027 213 3699 of stuur ’n e-pos na diekeldery@namaquawines.com. Besoek ook Die Keldery se Facebook-blad by, volg Die Keldery op Instagram by @diekeldery of op Twitter by @DieKeldery. Jy kan ook Die Keldery se webtuiste besoek.