Rooiwyn-broodresep

Hoekom jy Die Keldery jou nommer een venue en restaurant moet maak
February 19, 2018
Namaqua-wynreeks by Die Keldery
March 5, 2018

Die Keldery is een van die gewildste restaurante in die Matzikama-streek wat bekend is vir hul gasvryheid, die lekkerste geregte en wat een van die mooiste uitsigte oor die Maskamberg het. Die Keldery is die amptelike proelokaal vir Namaqua-wyne en is geleë by die Namaqua Wynkelder net buite Vredendal, sowat 300 km van Kaapstad af.

By Die Keldery kan jy ’n gratis wynproe geniet of vir slegs R35 kan jy ’n biltong en wyn of sjokolade en wyn proe-en-pas geniet. Nie net kan jy die wynproe geniet of elke Vrydag 20% afslag kry op jou gunsteling Namaqua wynreeks nie, maar jy kan selfs met jou gunsteling Namaqua-wyne ’n gereg aanmekaarslaan.

Hier is ’n resep wat jy kan probeer met jou gunsteling Namaqua-wyn:

Brood met rooiwyn

Bestanddele:

  • 2 teelepels kosher sout, verdeel
  • 3 koppies broodmeel
  • 2 eetlepel vars roosmaryn, fyn gekap
  • 1 teelepel swart pepper
  • 1/2 teelepel droë gis
  • 1 1/4 koppies warm water
  • 1/4 koppie Namaqua droë rooiwyn, effens verhit
  • 1 eetlepel olyfolie

Metode:

Sif meel, 1 1/2 teelepels sout, roosmaryn, en peper in ’n groot bak. Los gis op in warm wyn, voeg water by wyn en meng al die vloeistof met die droë bestanddele totdat dit opgeneem word. Moenie oormeng nie. Bedek die bak met ’n handdoek en sit dit op ’n warm plek vir 16 uur sodat die deegmengsel kan rys.

Vou dan die deeg in homself sodat die bokant in die middel ingedruk is en die onderkant nou bo-op is. Plaas dit in ’n bak, bedek dit, en laat dit weer rys vir 2 uur. Plaas die pot wat jy gaan gebruik, in die oond teen 450 grade. Laat dit vir 30 minute verhit. Sodra dit verhit is, verwyder die pot uit die oond en gooi olyfolie in. Plaas die brood in die pot saam met die res van die kosher sout, bedek en bak vir 30 minute. Haal deksel/foelie ná 30 minute af en bak vir nog 15 minute, of tot die brood ’n goue kors het.

Bedien die brood met jou gunsteling konfyt of kaas.