Namaqua-wynreeks by Die Keldery

Rooiwyn-broodresep
February 26, 2018
Verbreed jou smaaksintuie met die Namaqua-wynreeks by Die Keldery
March 13, 2018

Die Keldery is een van die gewildste restaurante in die Matzikama-streek wat bekend is vir hul gasvryheid, die lekkerste geregte en wat een van die mooiste uitsigte oor die Maskamberg het. Die Keldery is die amptelike proelokaal vir Namaqua-wyne en is geleë by die Namaqua Wynkelder net buite Vredendal, sowat 300 km van Kaapstad af.

By Die Keldery kan jy ’n gratis wynproe geniet of vir slegs R35 kan jy ’n biltong en wyn of sjokolade en wyn proe-en-pas geniet. Nie net kan jy die wynproe geniet nie, maar jy kan elke Vrydag 20% afslag kry op jou gunsteling Namaqua-wynreeks!

As dit kom by die skep van uitsonderlike wyne, neem die wynmakers en kenners van Namaqua Wyne dit baie ernstig. Gemaak in die hartjie van die Namakwa-Weskus, is die

Namaqua-wynreeks die gevolg van streng wingerdboumetodes wat spesiaal geformuleer is om by die klimaatstreek te pas. Die naam Namakwa kan nie meer gepas wees nie – die gees van die Namakwalandstreek is die geheime bestanddeel en is oorvloedig in elke heerlike druppel.

By Die Keldery kan jy die volgende Namaqua-wyne geniet en koop vir jou spesiale geleentheid:

Witwynreeks:

  • Blanc de Blanc
  • Namaqua Extra Lite
  • Namaqua Johannisberger (wit)

Rosé-reeks:

  • Natural Sweet Rosé
  • Sweet Rosé

Rooiwynreeks:

  • Namaqua Johannisberger (rooi)
  • Namaqua Merlot
  • Namaqua Cabernet Sauvignon

Vir meer inligting oor die Namaqua wynreeks of oor wynproe of enige spesiale funksie, skakel gerus 027 213 3699 of stuur ’n e-pos na diekeldery@namaquawines.com. Besoek ook Die Keldery se Facebook-blad, volg Die Keldery op Instagram by @diekeldery of op Twitter by @DieKeldery. Besoek ook Die Keldery se webtuiste.