Verbreed jou smaaksintuie met die Namaqua-wynreeks by Die Keldery

Namaqua-wynreeks by Die Keldery
March 5, 2018
Die Keldery bied besoekers ’n unieke wyn- en kos-ervaring
March 23, 2018

Die Matzikama-streek is bekend vir sy unieke natuurskoon en sy wyne van uitstekende gehalte. By Die Keldery kan jy beide ervaar. Terwyl jy oor die wingerde na die Maskam berg loer, kan jy rustig teug aan Namaqua Wyne se wye verskeidenheid, trots Suid-Afrikaanse wyne.

Die Keldery is een van die gewildste restaurante in die Matzikama-streek wat bekend is vir hul gasvryheid, die lekkerste geregte en wat een van die mooiste uitsigte oor die Maskamberg het. Die Keldery is die amptelike proelokaal vir Namaqua-wyne en is geleë by die Namaqua Wynkelder net buite Vredendal, sowat 300 km van Kaapstad.

Die Keldery nooi jou om daagliks tussen 09:00 tot 17:00 hierdie wyne op die proef te stel by die gratis wynproe-sessies of vir slegs R35 kan jy die lekkerste biltong en wyn of sjokolade en wyn geniet by die wyn proe-en-pas. Jy hoef nie ’n afspraak te maak vir die wynproe nie, maar dit is raadsaam dat jy vooraf Die Keldery kontak om seker te maak dat daar geen funksie is nie.

“Wynproeë by ons was nog nooit so lekker nie! Met ons uitsonderlike Namaqua-wynreeks is jy gewaarborg om ʼn ongelooflike wynervaring by ons te hê en te geniet,” sê Adri Coetzee, restaurant- en funksiekoördineerder.

As dit kom by die skep van uitsonderlike wyne, neem die wynmakers en kenners van Namaqua Wyne dit baie ernstig op. Gemaak in die hartjie van die Namakwa-Weskus, is die

Namaqua-wynreeks die gevolg van streng wingerdboumetodes wat spesiaal geformuleer is om by die klimaatstreek te pas. Die naam Namakwa kan nie meer gepas wees nie – die gees van die Namakwalandstreek is die geheime bestanddeel en is oorvloedig in elke heerlike druppel.

“Elke wyn bevat ’n unieke geur en reuk, maar dit kan soms moeilik wees om hierdie verskille tydens ’n wynproe-sessie te identifiseer. Ons verskaf ’n lys van eienskappe tydens jou proesessie en dan moet jy vir elke kombinasie slegs die toepaslike opsies afmerk, notas oor die smaak maak en ’n gradering kies. Omdat dit van persoon tot persoon verskil, is daar geen verkeerde antwoord nie,” voeg Coetzee by.

By Die Keldery kan jy die Namaqua Johannisberger – wit of rooi, die Natural Sweet Rosé of

Sweet Rosé, Namaqua Merlot, Namaqua Hanepoot Jerepigo en nog vele meer geniet en of sommer die hele bottel of ’n boks koop!

Indien jy dalk ook beplan om hierdie naweek lekker saam met vriende en familie te braai moet jy op ’n Vrydag Die Keldery besoek om 20% afslag op jou gunsteling Namaqua-wyn te kry. Nie net kan jy die wynproe geniet of elke Vrydag 20% afslag kry op jou gunsteling Namaqua-wyne nie, maar jy kan selfs met jou gunsteling wyn ’n pikante gereg aanmekaarslaan.

Probeer hierdie heerlike Namaqua witwyn-vinaigrette oor jou gunsteling slaai volgende keer as jy met jou vriende en familie braai!

Bestanddele:

  •       2 eetlepels Namaqua Extra Lite wyn (wit)
  •       2 eetlepels suurlemoensap
  •       1/2 teelepel heuning
  •       1/2 teelepel mosterd
  •       1/2 teelepel sout
  •       1/4 teelepel varsgemaalde swartpeper
  •       1/4 koppie olyfolie

Metode:

Meng die wyn, suurlemoensap, heuning, mosterd, sout en peper in ’n voedselverwerker. Terwyl die verwerker besig is om die bestanddele te meng, voeg die olie stadig in. Geur die vinaigrette na smaak met meer sout en peper, indien verlang.

Die beste dae begin met koffie en eindig met wyn, so besoek Die Keldery en stel die Namaqua-wynreeks op die proef!

Vir meer inligting oor die wynproe, skakel gerus 027 213 3699 of stuur ’n e-pos na diekeldery@namaquawines.com. Besoek ook Die Keldery se Facebook-blad by www.facebook.com/diekelderyrestaurant/, volg Die Keldery op Instagram by @diekeldery of op Twitter by @DieKeldery. Besoek ook Die Keldery se webtuiste by diekeldery.com/