Die Keldery bied besoekers ’n unieke wyn- en kos-ervaring

Verbreed jou smaaksintuie met die Namaqua-wynreeks by Die Keldery
March 13, 2018
Witwynkaramel-springmielies
March 27, 2018

Almal weet dat Die Keldery een van die gewildste en mees stylvolle restaurante in die Matzikama-streek is om te besoek. Hier sal jy keer op keer op die hande gedra word en soos ’n koninklike voel tydens jou besoek. Die personeel sal sorg vir die beste diens sodat jy weer kan terugkeer vir smullekker geregte en die Namaqua-wynreeks. Die Keldery is geleë tussen Vredendal en Klawer en is sowat 300 km van Kaapstad.

Die Keldery is een van die gewildste restaurante in die Matzikama-streek wat bekend is vir hul gasvryheid, die lekkerste geregte en wat een van die mooiste uitsigte oor die Maskamberg het. Die Keldery is die amptelike proelokaal vir Namaqua-wyne en is geleë by die Spruitdrift Wynkelder net buite Vredendal, sowat 300 km van Kaapstad af.

Of jy nou jou droomtroue wil reël, dalk jou kind se verjaardagpartytjie wil hou of selfs net ’n familie-reünie wil hou, kan jy gerus op Die Keldery se venue staatmaak. Die venue akkommodeer tot 120 gaste en hier is ook ’n dansbaan en kontantkroeg beskikbaar. Jy het ook ’n keuse van die verskillende wynsoorte en smullekker geregte om van te kies. Kontak Die Keldery om jou droomtroue ’n werklikheid te maak.

As jy die beste van die Matzikama-streek; natuurskoon, gasvryheid, wyn en kos; wil ervaar, besoek Die Keldery tydens jou volgende avontuur in die Namakwa Weskus. Hier sal jy tuis voel terwyl jy die beste van die streek geniet.

Moenie huiwer om Die Keldery te kontak nie. Hulle bekwame personeel sal jou funksie namens jou reël en sal jou op die hande dra tydens daardie spesiale geleentheid.

Vir meer inligting oor die wynproe, skakel gerus 027 213 3699 of stuur ’n e-pos na diekeldery@namaquawines.com . Besoek ook Die Keldery se Facebook-blad by www.facebook.com/diekelderyrestaurant/, volg Die Keldery op Instagram by @diekeldery of op Twitter by @DieKeldery. Besoek ook Die Keldery se webtuiste by diekeldery.com/