Witwynkaramel-springmielies

Die Keldery bied besoekers ’n unieke wyn- en kos-ervaring
March 23, 2018
Vier jou sprokiestroue by Die Keldery
April 16, 2018

Die Keldery is een van die gewildste restaurante in die Matzikama-streek wat bekend is vir hul gasvryheid, die lekkerste geregte en wat ’n pragtige uitsig oor die Maskamberg het. Die Keldery is die amptelike proelokaal vir Namaqua-wyne en is geleë by Namaqua Wynkelder net buite Vredendal, sowat 300 km van Kaapstad af.

By Die Keldery kan jy ’n gratis wynproe geniet of vir slegs R35 kan jy ’n biltong en wyn of sjokolade en wyn proe-en-pas geniet. Nie net kan jy die wynproe geniet of elke Vrydag 20% afslag kry op jou gunsteling Namaqua-wyn nie, maar jy kan selfs met jou gunsteling Namaqua-wyne ’n gereg aanmekaarslaan.

Hier is ’n resep wat jy kan probeer met jou gunsteling Namaqua-wyn:

Witwynkaramel springmielies:

Bestanddele:

  • 1/3 koppie mieliepitte
  • 1 eetlepel klapperolie, gesmelt

Witwynkaramel:

  • 1 koppie bruinsuiker
  • 1/3 koppie Namaqua Sweet White wyn
  • 1/4 koppie ongesoute botter
  • 1/4 koppie dik room
  • 1 eetlepel vanielje-ekstrak

Metode:

Kombineer die mieliepitte en klapperolie en plaas dit in bruin papier. Vou die bopunt van die papier ’n paar keer vas sodat dit veilig is, plaas dan in mikrogolf vir 2 minute tot 2,5 minute. Maak die sakkie oop en gooi die springmielies in ’n groot bak om effens af te koel.

Witwynkaramel:

Meng al die bestanddele in ’n kastrol oor medium-lae hitte. Klits om te kombineer, kook dan en roer tot die mengsel borrel. Kook vir 5 tot 6 minute totdat dit effens verdik en glad is. Verwyder van hitte en laat dit afkoel tot kamertemperatuur – dit sal verdik soos dit afkoel! Gooi oor die springmielies net voor dit bedien word.