Vier jou sprokiestroue by Die Keldery

Witwynkaramel-springmielies
March 27, 2018
Rooiwyn warm sjokolade drankie
May 7, 2018

Om verloof te raak en te trou is seker iets waaroor elke vrou droom. Jy en die liefde van jou lewe het die verlowing aan familie en vriende aangekondig en soos enige nuwe verloofde vrou, spog jy met jou pragtige ring.

Nou is dit tyd dat jy aandag gee aan die beplanning om jou droomtroue ’n werklikheid te maak – maar jy kan nie besluit waar om te begin nie. Een dilemma vir voornemende bruide is dikwels om die geskikte venue te kry om jou sprokiestroue saam met jou geliefdes te deel. Moenie verder daaroor stres nie want Die Keldery se venue is net wat jy nodig het om daardie sprokiestroue ’n realiteit te laat word.

Die rede hoekom Die Keldery die perfekte oplossing vir jou probleme is, is omdat die personeel uiters professionele diens aan hul kliënte verskaf. Hulle weet presies hoe om jou troue volgens jou vereistes en met hul kennis en ondervinding iets werklik spesiaal te maak.

Die Keldery het die ideale venue om jou spesiale dag besonders te maak met die mooiste versierings, ’n lys van die heerlikste geregte sodat jy jou eie spyskaart aanmekaar kan slaan, verskillende wynsoorte en net die beste diens waar elke gas persoonlik met egte Matzikama-gasvryheid verwelkom word.

Met ’n prentjiemooi uitsig oor Maskamberg en ’n pragtige onthaal is jy gewaarborg om die tyd van jou lewe by Die Keldery te hê. Adri Coetzee, restaurant- en funksiekoördineerder, en haar span het jarelange ondervinding in die reël van onthale. Die span sorg ook vir van die klanktoerusting, die musiek en pragtige dekor, spesifiek na jou smaak! Veilige parkering verskaf verdere gemoedsrus aan gaste. Die bruid het die minimum bekommernisse en kan hierdie spesiale dag saam met haar geliefdes selfs meer geniet.

Die venue kan tot 120 gaste akkommodeer en daar is ook ’n tent te huur wat ruimte het vir nog 180 mense. Daar is ook ’n groot dansbaan en kontantkroeg en die spyskaart kan aangepas word volgens jou persoonlike smaak. Daar is gazebo’s, tafels met sambrele en vele meer geriewe beskikbaar as jy graag jou onthaal in die buitelug wil hê.
“Elke funksie wat ons vir ’n bruidspaar reël is iets anders – daar is elke keer ’n ander tema en dit is altyd iets opwindend. Ons doen ons bes om aan elke persoon se behoeftes te voldoen. Al wat jy moet doen is om ons te kontak vir kwotasies sodat ons iets vir jou kan uitwerk,” sê Coetzee, restaurant- en funksiekoördineerder.

“Ons personeel se bekwame hande staan vir niks verkeerd nie en hulle sal sorg dat jou sprokiestroue ’n geleentheid is wat jou gaste nooit sal vergeet nie. Elke gas sal beslis op die hande gedra word en sal soos koninklikes voel tydens hul besoek aan Die Keldery,” voeg Coetzee by.

Vir enige navrae of om meer uit te vind oor Die Keldery se venue vir jou sprokiestroue, skakel gerus 027 213 3699 of stuur ’n e-pos na diekeldery@namaquawines.com. Besoek ook Die Keldery se Facebook-blad by www.facebook.com/diekelderyrestaurant/, volg Die Keldery op Instagram by @diekeldery of op Twitter by @DieKeldery. Jy kan ook Die Keldery se webtuiste besoek by diekeldery.com/