Rooiwyn warm sjokolade drankie

Vier jou sprokiestroue by Die Keldery
April 16, 2018
Geniet die wyn -en druiwesap proe by Die Keldery
May 16, 2018

Die Keldery, geleë in die hartjie van die Namakwa Weskus tussen Vredendal en Klawer is een van die restaurante wat jy moet besoek wanneer jy jouself in die streek bevind. Die restaurant is bekend vir die smullekker geregte wat voorberei word, hul gasvryheid, verskeidenheid wyn en vir die pragtige uitsig oor die Maskamberg. Die Keldery is ook die amptelike proelokaal vir Namaqua-wyne.

 

Die Keldery bied wyn proe-en-pas vir slegs R50 per persoon of vier wyne vir slegs R20! Kies enige wyn in hulle Namaqua-reeks en verbreed jou smaaksintuie. Nie net kan jy die wynproe geniet of elke Vrydag 20% afslag kry op jou gunsteling Namaqua-wyn nie, maar jy kan selfs met jou gunsteling Namaqua-wyne ’n gereg aanmekaarslaan.

 

Hier is ’n resep vir ’n heerlike rooiwyn warm sjokolade drankie wat jy met jou gunsteling Namaqua rooiwyn kan maak. Dit is perfek vir die komende winter!

 

Bestanddele:

 

  • 1 koppie melk
  • ½ koppie sjokolade skyfies
  • ¾ koppie Namaqua Sweet Red Wine
  • ½ teelepel vanielje ekstrak
  • Kakao poeier
  • Marshmallows
  • Geklopte room

Metode:

 

  • Verhit die melk in ’n pot op medium hitte totdat dit prut.
  • Voeg die sjokolade-skyfies by en roer tot glad.
  • Skakel die hitte af en voeg die rooiwyn en vanielje ekstrak by. Roer saam.

Giet in individuele koppies, plaas die marshmallows bo-op en sprinkel kakao poeier bo-oor.