Rooiwyn-frikkadelle

Geniet die wyn -en druiwesap proe by Die Keldery
May 16, 2018
Die Keldery, die perfekte venue vir enige funksie
June 13, 2018

Rooiwyn-frikkadelle

Die Keldery, geleë by die Goedgemeen-plaas op Spruitdrift buite Vredendal, spog met die hoogste gehalte wyne wat afkomstig is van slegs die beste druiwe wat pas by tradisionele geregte. Namaqua Wyne bied hul geliefde wyne hier aan met Die Keldery as die proelokaal. Jy kan die wyn proe-en-pas geniet vir slegs R50 per persoon of vier wyne proe vir slegs R20.

Besoekers kan daagliks tussen 09:00 en 17:00 ’n draai by Die Keldery maak en die bekroonde Namaqua-reeks met verskillende soorte sjokolade of biltong proe. Met hierdie wynproe kan jy jou smaaksintuie verbreed en jou mond op ’n smaak-avontuur neem.

Jy kan ook van jou gunsteling Namaqua-wynreeks die heerlikste geregte aanmekaarslaan. Probeer hierdie smullekker rooiwyn-frikkadelle:

Bestanddele:

  • olyfolie
  • maalvleis
  • 1 ui, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, gebreek
  • 200 ml Namaqua droë rooiwyn
  • 400 g blik gekapte tamaties
  • 1 rooi rissie, ontpit en fyngekap
  • Groot handvol vars basiliekruid, fyngekap
  • Sout en swartpeper

Metode:

Verhit die olie in ’n groot, diep braaipan. Bak die frikkadelle totdat dit heeltemal gaar is, sit dit eenkant. Voeg die gekapte ui in dieselfde pan en kook vir 3 tot 4 minute of tot sag. Voeg die knoffel by en kook vir nog ’n minuut. Giet in die wyn en kook tot dit met die helfte verminder word. Roer die gekapte tamaties, rissie en vars basiliekruid in asook sout en peper. Voeg nou die frikkadelle in die sous en kook vir 10 minute op ’n matige hitte.

Bedien hierdie frikkadelle met jou gunsteling Namaqua-wyn.