Die Keldery, die perfekte venue vir enige funksie

Rooiwyn-frikkadelle
June 8, 2018
Droë rooiwyn-vrugteslaai
June 15, 2018

SONY DSC

Die Keldery, geleë by die Goedgemeen-plaas op Spruitdrift buite Vredendal, is een restaurant wat jy moet besoek as jy in die area kuier. Die plek is bekend vir hul prentjiemooi venue, die lekkerste geregte wat voorberei word en is ook die amptelike proelokaal vir die bekroonde Namaqua-wynreeks.

Tenkmonsterproe:

Op Donderdag, 7 Junie, is die 15de tenkmonsterproe by Die Keldery aangebied. Die nuwe wyne van 2018 is deur verskillende wynmakers en wingerdboukundiges in die Matzikama-streek bekend gemaak. Wyne soos die Wit Muskadel, Malbec, Sauvignon Blanc en vele meer is geniet tydens die aand se verrigtinge.

Copper Trail Night Ride en Namaqua Daisy Challenge:

Op Vrydag 15 Junie bied die Namaqua Fietsryklub ’n nagrit by Die Keldery aan. Verrigtinge skop om 19:00 af en toegang is gratis vir alle lede van die klub en R10 vir lede wat nie deel van die klub is nie. Dit gaan ’n rit oor 25 km wees. Almal word genooi om te kom deelneem.

Op Saterdag 4 Augustus maak fietsryers en atlete reg vir die agtste agtereenvolgende Namaqua Daisy Challenge wat by Die Keldery plaasvind. Die byeenkoms is ’n plaaslike bergfiets-wedren en staproete wat bestaan uit mededingende en nie-mededingende roetes.

Indien jy meer wil lees oor die roetes wat gebruik gaan word, kan jy gerus hier klik.

Kraffiewyn-aand

Elke Donderdag het Die Keldery ’n nuwe spesiale aanbieding. Probeer die heerlikste hoender-schnitzel met een van Namaqua witwyne, of proe ’n beesfilet saam met ’n lekker rooiwyn. Al die geregte word teen ’n billike prys aangebied – jy sal nie teleurgesteld wees nie!

Op Donderdag 14 Junie kan jy uitsien na die lekkerste bief-schnitzel met skyfies en groente. Op 21 Junie bedien Die Keldery cheddamelt hoender-schnitzel met skyfies en groente en op 28 Junie word daar stokvis en calamari combo met skyfies en groente bedien. Die spesiale aanbieding word aangebied vir slegs R125 per persoon en ’n kraffie wyn is ingesluit. Kontak Die Keldery by 027 213 3699 om jou tafel te bespreek. Bring jou gesin en kom geniet ’n heerlike bord kos in goeie geselskap.

Die Keldery se tye:

Die Keldery is deur die week en op Saterdae oop tussen 09:00 tot 17:00 en bied die lekkerste geregte teen pryse wat jou sak sal pas. Hier kan jy jouself geniet en die personeel sal jou beslis op die hande dra. Maak gerus by ons ‘n draai, jy sal nie spyt wees nie.

Klik hier om te kyk na die smullekker gereg wat die sjef voorberei het:

https://www.youtube.com/watch?v=IfAr4Bz-8aM&feature=youtu.be

Jy kan ook na Die Keldery se spyskaart kyk deur op die skakel hieronder te klik:

http://diekeldery.com/spyskaart/

Vir meer inligting oor enige spesiale funksie, skakel gerus 027 213 3699 of stuur ’n e-pos na diekeldery@namaquawines.com. Besoek ook Die Keldery se Facebook-blad by www.facebook.com/diekelderyrestaurant/, volg Die Keldery op Instagram by @diekeldery of op Twitter by @DieKeldery. Besoek ook Die Keldery se webtuiste by diekeldery.com/