Droë rooiwyn-vrugteslaai

Die Keldery, die perfekte venue vir enige funksie
June 13, 2018
Verskeidenheid Namaqua-wyne om van te kies en keur by Die Keldery
July 12, 2018

Droë rooiwyn-vrugteslaai

As jy droë rooiwyn van die Namaqua-wynreeks in jou kas het, kan jy dit gebruik om ’n smulllekker gereg aanmekaar te slaan. Met die koue winterseisoen wat in die lug hang is dit die perfekte manier om warm te bly. Probeer hierdie heerlike winter-vrugteslaai:

Bestanddele:

  • 600 g droëvrugte van goeie gehalte, gereed om te eet (pruimedante, pere, appelkose, vye of bosbessies)
  • 3 eetlepels heuning
  • 1 vanieljepeul, verdeel in lengte (verwyder pitte)
  • 1 Earl Grey-teesakkie
  • 1 koppie Namaqua droë rooiwyn
  • 1 eetlepel suurlemoensap
  • mascarpone-kaas of Griekse joghurt

Metode:

Gooi vrugte en 700 ml koue water in ’n groot kastrol. Voeg die heuning en vanieljepeul in die pan. Voeg die rooiwyn by en kook. Roer goed, verlaag die hitte en prut vir 10 minute tot effens stoperig.

Haal die pan van die hitte af en roer die teesakkie in. Laat die teesakkie vir 10 minute trek.

Verwyder die teesakkie en vanieljepeul, gooi die vrugte en vloeistof in ’n nie-metaalbak en gooi die suurlemoensap bo-oor. Roer, laat dan afkoel. Bedien die vrugteslaai met mascarpone-roomkaas of Griekse joghurt.

Jy kan jou gunsteling Namaqua-wyne van Maandag tot Saterdag tussen 09:00 en 17:00 by Die Keldery geniet of koop. As jy die wyn op ’n Vrydag koop, kry jy 20% afslag.