Verskeidenheid Namaqua-wyne om van te kies en keur by Die Keldery

Droë rooiwyn-vrugteslaai
June 15, 2018

Verskeidenheid Namaqua-wyne om van te kies en keur by Die Keldery

Met ’n panoramiese uitsig oor die pragtige wingerde en die Maskamberg, is Die Keldery Restaurant die perfekte venue waar besoekers rustig kan ontspan. Geleë by Spruitdrift-wynkelders net buite Vredendal, bied Die Keldery ’n ontspannende omgewing – ’n ideale plek om terug te sit en ’n verskeidenheid van die Namaqua-wyne by hul proelokaal te geniet.

Die Keldery nooi jou om daagliks van Maandag tot Saterdag tussen 09:00 en 17:00 die verskeidenheid Namaqua-wyne te beproef of om die wyne hier te koop. Jy kan die volgende wyne hier geniet met die heerlikste geregte, of jy kan die wyne hier koop:

Wyne vir elke dag:

  • Namaqua Blanc de Blanc
  • Namaqua Sweet Rosé
  • Namaqua Extra Lite
  • Namaqua Johannisberger

Die kultivarversameling:

  • Sauvignon Blanc
  • Chenin Blanc
  • Shiraz
  • Pinotage

Die erfenisversameling:

  • Cape West
  • Spencer Bay
  • Noble Late Harvest
  • Cellar Door

Nie net kan jy die wyn hier koop nie maar jy kan ook die wyn pars-en-proe geniet by Die Keldery. Die Keldery bied ’n wyn proe-en-pas vir slegs R50 per persoon met ’n keuse van biltong of sjokolade of vier wyne vir slegs R20. Jy kan die volgende wyne en sjokolade of biltong geniet tydens die wynproesessies:

Wyn en biltong:

  • Namaqua Natural Sweet Rosé met brandrissie-biltong
  • Spencer Bay The Blend met bief-biltong
  • Spencer Bay Cabernet Sauvignon met droëwors
  • Spencer Bay Pinotage met cabanossi-wors
  • Namaqua Natural Sweet Red met braai-happies

Wyn en sjokolade:

  • Namaqua Sauvignon Blanc met Lindt Excellence Intense Orange
  • B4play Spumante met Lindt Excellence Vanilla
  • Spencer Bay Pinotage met Lindt Excellence Chilli
  • Spencer Bay Cabernet Sauvignon met Lindt Excellence met ’n tikke see sout
  • Namaqua wit muskadel met Lindt Excellence 70% kakao

Kom kuier in die hartjie van die Namakwa Weskus en geniet hierdie smullekker wyne by ons wynproe of met een van ons heerlike geregte.

Vir meer inligting oor ons wyne, skakel gerus 027 213 3699 of stuur ’n e-pos na diekeldery@namaquawines.com. Besoek ook Die Keldery se Facebook-blad by www.facebook.com/diekelderyrestaurant/, volg Die Keldery op Instagram by @diekeldery of op Twitter by @DieKeldery. Besoek ook Die Keldery se webtuiste by diekeldery.com/