Manie Jackson skop die jaar op ’n hoë noot af by Die Keldery

Elandré kom maak ’n draai
December 3, 2018
Kuier by Die Keldery vir slegs die beste vermaak
July 24, 2019

 

Die nuwe jaar het reeds afgeskop en daar is baie dinge om na uit te sien in 2019. Dit beteken ook dat dit weer tyd is vir Die Keldery se kraffiewyn-aand wat elke Donderdag plaasvind en vanjaar kan jy jou ook gereed maak vir tientalle ander opwindende gebeure by hierdie gewilde restaurant.

Nie net kan jy uitsien na die smullekker geregte en heerlike wyne van die Namaqua-wynreeks wat elke Donderdagaand bedien word nie, maar vandeesmaand is daar ook ’n lekker verrassing vir musiekliefhebbers! Manie Jackson, country en Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, besoek Die Keldery op Donderdag, 31 Januarie.

“Ons is baie opgewonde om vanjaar weer vir Manie Jackson weer by ons te verwelkom. Dit gaan beslis ’n aand wees wat almal sal onthou. Bespreek jou tafel vroegtydig en maak seker jy mis nie uit nie,” sê Adri Coetzee, restaurant- en funksiekoördineerder.

Die verrigtinge skop om 19:00 af en tydens die geleentheid kan jy ook uitsien na ’n smullekker gourmet burger met skyfies en slaai wat bedien gaan word. Stof solank jou dansskoene af vir ’n aand van hope pret en plesier. Dit gaan beslis die moeite werd wees. Besprekings is noodsaaklik, so maak seker dat jy jou tafel vooraf bespreek. Kaartjies beloop R150 per persoon en is beskikbaar by Die Keldery. Kontak Die Keldery by 027 213 3699 vir meer inligting.

Bring jou gesin en geniet ’n heerlike bord kos in goeie geselskap en natuurlik met die gewilde Manie Jackson wat gaste gaan vermaak. Die Keldery skop hul nuwe jaar af met ’n groot optrede wat jy nie mag nie misloop nie, en dit stop nie hier nie. Die restaurant het verskeie spesiale geleenthede soos hierdie wat nog vir vanjaar voorlê. Hou hul webtuiste en sosiale media dop vir aankondigings en spesiale aanbiedinge.


Om ’n bespreking te maak vir die kraffiewyn-aand, skakel gerus 027 213 3699 of stuur ’n e-pos na diekeldery@namaquawines.com. Besoek ook Die Keldery se Facebook-blad, volg Die Keldery op Instagram by @diekeldery of op Twitter by @DieKeldery. Jy kan ook Die Keldery se webtuiste besoek by diekeldery.com/afr/.