Smullekker koeksisters

Fatman gaan gaste vermaak by Die Keldery
November 13, 2018
Elandré kom maak ’n draai
December 3, 2018

 

As jy ’n soettand het en jy is ook ’n witwyn-liefhebber is, moet beslis die lekkerste koeksisters met die Namaqua-soetwyn aanmekaarslaan. Hierdie resep is perfek om jouself te bederf.

 

Bestanddele:

  • 500 g koekmeel
  • 30 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 50 g botter gesny
  • 1 groot eier
  • 250 ml melk
  • Olie vir braai


Stroop:

  • 500 ml water
  • 250 ml Namaqua soet witwyn
  • 1 kg suiker
  • 2 ml kremetart
  • 2 dun skywe gemmer
  • 1 suurlemoen, fyn gerasperde skil en sap

 

Metode:
Stroop:


Meng bestanddele in ’n groot kastrol en bring tot kookpunt. Roer totdat suiker oplos.
Kook, sonder om te roer, vir ongeveer 5 minute of tot ’n ligte stroop vorm.
Gooi die stroop in ’n groot bak.
Laat die stroop afkoel en sit dit in die yskas totdat dit koud is.

 

Deeg:


Sif meel, bakpoeier en sout. Vryf botter totdat mengsel soos fyn broodkrummels lyk. Klits eier met 200 ml (4/5 koppie) melk, voeg by meelmengsel by en knie om ’n sagte, buigsame deeg te vorm. Voeg slegs die oorblywende melk by indien die deeg te styf is.

Vorm in ’n bal, draai dit toe in waspapier en laat dit rus dit vir ’n paar uur, of oornag, indien moontlik. Rol tot 1 cm dik op ’n meeloppervlak. Sny in 4 x 8 cm stroke en sny elk in 3 stroke lank, byna tot bo. Vleg saam en knyp bo-punte effens dig om te seël. Plaas op ’n skinkbord en bedek dit met ’n klam lap. Diepbraai, ’n paar op ’n slag, in warm olie, draai gedurig.


Kyk na die hitte: koeksisters neem 2 tot 3 minute om deur te kook en diep goudbruin te word. Dreineer vinnig op handdoekpapier en dan, terwyl dit nog warm is, doop die koeksisters in die koue stroop. Hou hulle vir ’n rukkie in die stroop dat dit ordentlik kan intrek. Dreineer koeksisters op ’n rak. (As stroop te warm word, plaas dit in ’n groter bak koue water met ysblokkies.)