DIE RESTAURANT

'n Unieke ervaring met ’n tradisionele spyskaart


Die Keldery, die toerismesentrum van Namaqua Wyne, is meer as net ’n restaurant. Saam met tradisonele geregte, en wyne van die beste gehalte wat daarby pas, is daar ’n pragtige stoep wat op die Maskamberg uitkyk. Kinders kan rondhardloop terwyl die volwassenes ’n glasie wyn in die Matzikama-son geniet. Spesiale aanbiedinge maak dit ook die moeite werd om hierdie unieke venue saam met vriende en familie te beleef. Kyk gerus na ons spesiale aanbiedinge om te sien waaroor die opwinding gaan.

Die Keldery spog met die hoogste gehalte wyne, afkomstig van slegs die beste druiwe, wat pas by ons tradisionele kosse. Namaqua Wyne bied hul geliefde wyne hier aan, met Die Keldery as die proelokaal.


TYE
Maandae tot Saterdae:
9:00 - 17:00
Donderdae:
19:00 - 22:00

Geniet ons unieke
geregte


Elke Donderdag het ons ’n nuwe spesiale aanbieding. Probeer ons hoenderschnitzel met een van ons witwyne, of proe ons beesfilet saam met ’n lekker rooiwyn. Al die geregte word teen 'n billike prys aangebied - jy sal nie teleurgesteld wees nie!