Kuier by Die Keldery vir slegs die beste vermaak

Manie Jackson skop die jaar op ’n hoë noot af by Die Keldery
January 17, 2019

 

Die Keldery is nét die plek om te wees hierdie tyd van die jaar. Tot en met November is daar verskeie geleenthede en aktiwiteite wat mense in die area en regoor die land gaan lok na dié top-klas restaurant op Vredendal.

Die Namaqua Daisy Challenge vind op Saterdag, 10 en Sondag, 11 Augustus, plaas. Tydens hierdie naweek gaan Die Keldery op Vredendal gons van bedrywighede wanneer mense van oral oor die land gaan saamkom vir een van die mees opwindende buitelug-uitdagings van die jaar. Die jaarlikse Namaqua Daisy Challenge beloof om baie pret en opwinding te bied vir deelnemers én toeskouers.

Die Daisy Challenge sal weer vanjaar ’n Colour Fun Run & Ride aanbied. Die wedloop is altyd die hoogtepunt van die Daisy Challenge en is perfek vir die jongspan. Ná die wedloop sal deelnemers en hul families by Die Keldery kan bymekaarkom vir ’n lekker saamkuier. Met musiekvermaak deur Angel de Lange, gaskunstenaar, en MC Shaun Peters, gaan dit ’n baie feestelike dag wees. Daar sal heerlike kosstalletjies wees om te geniet. ’n Hanswors, gesigverf en ’n springkasteel sal die kinders besig hou en vir die volwassenes sal daar F&K Bier by die eindstreep beskikbaar wees.

Franja du Plessis en Ruan Josh kuier op Donderdag 26 September by Die Keldery. Dié twee jong sterre het verseker hul ma, Juanita du Plessis, se talente geërf en hul optrede by Die Keldery beloof om ’n aand te wees wat jy nie sommer sal vergeet nie. Geniet Die Keldery se smaaklike kos, gesellige atmosfeer en ’n heerlike glas Namaqua-wyn terwyl jy jou verlustig in die pragtige stemme van Franja du Plessis en Ruan Josh.

Op Saterdag, 5 Oktober, sal Elandré Schwartz gaste met sy pragtige rasperstem en sprankelende persoonlikheid vermaak. Elandré is ’n boorling van Despatch in die Oos-Kaap en sy deurbraak in die Afrikaanse musiekbedryf het gekom nadat hy ’n video op Facebook gelaai het van sy vertolking van die Bruce Springsteen-treffer, Thougher Than The Rest. Dié video was só gewild dat hy gou ’n platekontrak losgeslaan. Die talentvolle sanger se optrede by Die Keldery is ’n aand waarop jy nie wil uitmis nie.

Rudi Claase en Angel de Lange bied op Donderdag 14 November Country Koors by Die Keldery aan. Suid-Afrikaners se liefde vir country-musiek is onmiskenbaar en ons sangers het al honderde treffers in dié gesogte musiekgenre vrygestel. Twee van die grootste en mees talentvolle stemme in Suid-Afrika bied jou ’n country-vertoning waar jy jou ou cowboy-stewels sal kan uitruk en heel aand lank dans. Woon Country Koors by vir slegs R160. Dit sluit ’n ete in.

Kaartjies vir die kunstenaars se optredes is beskikbaar by Adri. Kontak haar by +27 (0) 27 213 3699 om ’n bespreking te maak. Registreer vir die Namaqua Daisy Challenge by www.daisychallenge.com.


Besoek Die Keldery se Facebook-blad by www.facebook.com/diekelderyrestaurant/, volg Die Keldery op Instagram (diekeldery) of op Twitter (DieKeldery). Besoek ook Die Keldery se webtuiste by diekeldery.com/.