Verskeie kunstenaars by Die Keldery in aksie

Kuier by Die Keldery vir slegs die beste vermaak
July 24, 2019

 

Met van die land se topkunstenaars wat binnekort by Die Keldery, in Vredendal, in aksie beleef kan word, is dié venue beslis die plek om te wees. Die Keldery, amptelike proe-lokaal van Namaqua-wyne, is die perfekte plek om te ontspan en lekker saam met vriende en familie te kuier.

Dit is hier waar eg-Namakwalandse gasvryheid en vriendelikheid van die personeel verwag kan word terwyl daar aan tradisionele geregte gesmul word. Om alles te kroon kan enige van die Namaqua-wyne hier geniet word.

Die Keldery Restaurant bied ’n program met vermaak vanuit die boonste rakke aan en daar kan uitgesien word na drie groot optredes wat binnekort by dié topklas-restaurant sal plaasvind.

Inwoners van en besoekers aan die Namakwalandse dorpie kan uitsien na optredes deur Franja du Plessis en Ruan Josh, Elandré en Rudi Claase en Angel de Lange.

Op Donderdag, 26 September kuier Franja du Plessis en Ruan Josh by Die Keldery. Dié twee jong sterre het verseker hul ma, Juanita du Plessis, se talente geërf en hul optrede by Die Keldery beloof om ’n aand vol pret en net die beste musiek te wees.

Elandré se optrede vind op Saterdag, 5 Oktober plaas en gaste kan uitsien na sy rasperstem en sprankelende persoonlikheid. Elandré se naam is op almal se lippe met sy treffer, Vuur op die Water, wat hy vroeër vanjaar uitgereik het. Hy sal ook later vanjaar sy buiging op die gesogte Afrikaans is Groot-verhoog maak.

Rudi Claase en Angel de Lange bied op Donderdag, 14 November Country Koors by Die Keldery aan. Twee van die grootste en mees talentvolle stemme in Suid-Afrika bied jou ’n country-vertoning waar jy jou ou cowboy-stewels sal kan uitruk en heel aand lank dans. Woon Country Koors by vir slegs R160. Dit sluit ’n ete ook in.

Kaartjies vir die kunstenaars se optredes is beskikbaar by Adri. Kontak haar by +27 (0) 27 213 3699 om ’n bespreking te maak. Kontak haar vandag nog om teleurstelling te vermy.


Besoek Die Keldery se Facebook-blad by www.facebook.com/diekelderyrestaurant/, volg Die Keldery op Instagram (diekeldery) of op Twitter (DieKeldery). Besoek ook Die Keldery se webtuiste by diekeldery.com/.